SUT herstel slaggate in Philippolis

As deel van ‘n inisiatief tussen die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) en die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer word slaggate op die R717-pad in Philippolis herstel. Netwerk24 berig 650 sertifikate is verlede jaar as deel van die Slaggat-uitwissingprogram uitgedeel. Dit in ‘n poging om slaggate uit te wis, die Vrystaatse jeug op te lei en te bekwaam, sowel as om padveiligheid en die gehalte van paaie in die provinsie te verbeter. Die inisiatief lê klem op vaardigheidsopleiding, kennis en die voorsienning van Seta-geakkrediteerde opleiding vir studente. Daar word verder berig dat die eerste slaggate reeds tussen ‘n motor-handelaar en die brug waar mense Philippolis vanaf Trompsburg inry, opgevul is.








Comments