top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SUT se radiostasiebestuurder is voorlopig geskors

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 8, 2025
1 min read

Die stasiebestuurder van CUT Radio aan die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT), Laila Nnyane, is voorlopig geskors. Volgens SUT se mediaverklaring op hul webblad is die voorlopige skorsing ingestel om die situasie deeglik te ondersoek, sonder vrees dat Nnyane sou inmeng. Die stap is in lyn met die SUT se beleid en dissiplinêre prosedure oor seksuele en geslagsverwante wangedrag, waaraan Nnyane haarself glo in ’n poduitsending skuldig gemaak het. Die universiteit het met die proses begin toe hulle bewus geword het van die betrokke poduitsending. SUT sê hulle is steeds verbind tot die stryd teen geslagsgebaseerde geweld en moedig alle lede aan om gevalle van skade of geweld aan te meld.

 
 
 

Comments


bottom of page