top of page

SUT stel hul nuwe STEM-sentrum bekend

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 14
  • 1 min read

Die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Solly Malatsi, het die Vrystaatse Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) se nuwe STEM-sentrum op hul Bloemfontein kampus bekendgestel. Luidens ‘n plasing op die SUT se sosiale media is die sentrum ‘n platform wat onderrig en leer in elektriese ingenieurswese en inligtingstegnologie verbeter. Die sentrum speel 'n belangrike rol in die verbreding van toegang tot STEM-onderwys, wat verseker dat skole, opvoeders en die breër gemeenskap almal deel is van die STEM-reis. Deur middel van praktiese ervarings in elektronika, programmering en hommeltuigtegnologie, is die sentrum daarop gerig om die gaping tussen teorie en toepassing te oorbrug. Dit bemagtig ook die volgende generasie om betekenisvol met wetenskap en tegnologie betrokke te raak.

 
 
 

Comments


bottom of page