top of page

SUT stel Llale Setumo aan as Uitvoerende Direkteur van Hulpbronne en Operasies

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Dec 2, 2024
  • 1 min read

Die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT), Vrystaat, verwelkom Llale Setumo as die nuwe Uitvoerende Direkteur van hulpbronne en operasies. SUT deel dat hy begin sy nuwe pos in Desember vanjaar. Met ’n indrukwekkende loopbaan van 20 jaar, waarvan 15 in die hoëronderwyssektor is, bring Setumo ’n rykdom van ervaring na hierdie rol. Hy het projekte gelei soos die modernisering van lesingsale en raadkamers met gevorderde tegnologie, sowel as die opgradering van kampusinfrastruktuur vir aanlyn en fisiese leer. Setumo het sy matriek in Noordwes voltooi en daarna ’n BCom in Rekeningkunde en ’n MBA in Finansies behaal. Hy word alle sukses vir hierdie belangrike rol toegewens.

 
 
 

Comments


bottom of page