SUT verbeter voedselveiligheid in die Vrystaat
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 30, 2025
- 1 min read
Om openbare gesondheid en ekonomiese veerkragtigheid te verbeter, het die Vrystaatse Sentrale Universiteit van Tegnologie, (SUT), in vennootskap met die Groot- en Kleinhandelsektor Onderwys- en Opleidingsowerheid, amptelik die 'Tshireletso Ka Thuto' -voedselveiligheidsveldtog geloods. Luidens ‘n aanlynplasing van SUT merk die veldtog die begin van 'n transformerende inisiatief wat daarop gemik is om voedselveiligheidsstandaarde en -praktyke onder Vrystaatse voedselhanteerders en informele voedselverkopers te revolusioneer. Dit in ‘n poging om die risiko van kontaminasie en voedselgedraagde siektes te verminder. Die inisiatief is deels geïnspireer deur die tragiese sterftes van ongeveer 30 skoolkinders in Gauteng verlede jaar, wat vermoedelik veroorsaak is deur kruiskontaminasie met giftige stowwe in houers wat nie behoorlik skoongemaak is nie.







Comments