Swaar sneeu sluit 'n grenspos en 'n pad
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 30
- 1 min read
Die Qachasnek-grenspos tussen Suid-Afrika en Lesotho is tydelik gesluit nadat swaar sneeu gevaarlike toestande in die Matatiele-omgewing veroorsaak het.
Volgens Maroela Media het die Grensbestuursowerheid die besluit as 'n voorsorgmaatreël geneem om die veiligheid van reisigers, personeel en ander rolspelers te verseker.
Reisigers en kommersiële vervoermaatskappye word aangeraai om hul reisplanne aan te pas of, waar moontlik, hul reise uit te stel.
Die Tellebrug-grenspos kan intussen as 'n alternatiewe roete gebruik word.
Intussen berig SABC News dat die R58 tussen Lady Grey en Ekhephini in die Oos-Kaap ook weens die gure weer gesluit is.
Verskeie voertuie het in die dik sneeu vasgesit, terwyl verkeersbeamptes verkeer na alternatiewe roetes herlei.








Comments