top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Swaar voertuie verwoes Bfn se paaie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 15
  • 1 min read

Swaarvragmotors gebruik glo dikwels residensiële strate as kortpaaie of alternatiewe roetes om verkeer en wetstoepassing in Bloemfontein te vermy. Dit veroorsaak dan dat paaie en ander infrastruktuur, wat nie ontwerp is om swaar vragte te dra nie, agteruit gaan.


Die waarnemende hoofbestuurder van die Mangaung-metro, Nicolette Maysiels, sê by navraag aan Netwerk24 die metro is bewus van die probleem.


Sy sê verkeersbeamptes word na die aangemelde gebiede gestuur om verkeersregulasies af te dwing en boetes uit te reik.


Ter illustrasie. FOTO: News24
Ter illustrasie. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page