Swarts moedig mense aan om elektroniese afval te herwin

Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Bernice Swarts, doen 'n beroep op huishoudings, besighede en instellings om ongewenste elektroniese toerusting na erkende versamelings- en herwinningsfasiliteite te neem in plaas daarvan om dit weg te gooi.
Ter viering van Internasionale E-Afvaldag sê Swarts dat Suid-Afrika jaarliks meer as 360 00 ton elektroniese afval genereer, maar slegs ongeveer 10% word behoorlik herwin.
Items soos laaikabels, oorfone, adapters en elektroniese speelgoed kan gevaarlike stowwe bevat wat menslike gesondheid en die omgewing bedreig.
Die departement sê dat die wegdoening van e-afval by stortingsterreine sedert Augustus 2021 verbied is.
Dit werk saam met munisipaliteite en herwinningsorganisasies om versamelpunte oor al nege provinsies uit te brei.









Comments