top of page

SWEM: Die Bloemfonteinse swemmer Elih Lawrence ingesluit in die SA span vir die Virtus II Swem Wêreldkampioenskap in Bangkok

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 30, 2025
  • 1 min read

Die 22-jarige Elih Lawrence van Bloemfontein wat op tweejarige ouderdom ’n ernstige swembadongeluk gehad het, is ingesluit in die SA span wat van 20 tot 30 Augustus in Bangkok gaan deelneem aan die Virtus II Swem Wêreld Kampioenskap vir Intellektuele Gestremde Atlete. Die span bestaan uit 10 swemmers met onder andere  Aaron Putz, JP Nel en Minke Janse van Rensburg terwyl Elih die enigste Vrystater is. Elih se afrigter “Coach” Clinton Thomas is ook aangewys as die span se hoofafrigter. Dit is die eerste keer na agt jaar dat die S.A. Intellektueel Gestremde en Downsindroom swemmers weer Internasionaal gaan deelneem. Elih se groot droom is om sy land by die Paralimpiese of Spesiale Olimpiese Spele in Los Angeles in 2028 te verteenwoordig.

 
 
 

Comments


bottom of page