top of page

SWEM: Olimpiese ster Pieter Coetzè kwalifiseer vir 2025 Wêreldkampioenskaps-byeenkoms in Singapoer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 11, 2025
  • 1 min read

Suid-Afrika se Olimpiese ster Pieter Coetzè het die eerste swemmer geword om sy deelname aan die Wêreldbyeenkoms later vanjaar in Singapoer te bevestig. Die 20-jarige Pretorianer het sy plek bespreek deur die 100m-item rugslag in ’n tyd van 52.71 sekondes te wen by die Suid-Afrikaanse Swemkampioenskaps-byeenkoms in Gqeberha. Coetzè het ook ingeskryf vir die 50- en 200m-rugslag sowel as die 50- en 100m-vryslag. Coetzè het verlede jaar by die Olimpiese Spele in Frankryk vir die 100- en 200m-rugslag kwalifiseer waar hy in albei nommers ‘n Afrika-rekord opgestel het. Meer as 2500 atlete en swemmers sal aan ses sportsoorte aan die Wêreldbyeenkoms vanaf die 11de Julie tot die 3de Augustus deelneem.

 
 
 

Comments


bottom of page