top of page

SWEM: SA swemmers sukkel by die Wêreldwatersport se kampioenskapsbyeenkoms in Singapoer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 17, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse oopwaterswemmers Connor Buck en Ruan Breytenbach het gesukkel in die 10km-oopwaterswem op Wêreldwatersport se kampioenskapsbyeenkoms in Singapoer. Buck en Breytenbach het onderskeidelik 36ste en 24ste geëindig met tye van 2:09.37 en 2:05.07. In die vroue-afdeling het die 19-jarige Callan Lotter ‘n 16de plek behaal in 2:14.01 terwyl haar landgenoot Catherine van Rensburg 25ste was in ’n tyd van 2:19.40. Australë is tans bo-aan die medalje-tabel met een goud en een brons gevolg deur Duitsland met een goud en Italië met twee silwer en Monaco met een brons in die vierde plek. Die Wêreldwatersport se kampioenskapsbyeenkoms duur tot die 3de Augustus.

 
 
 

Comments


bottom of page