top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Swemmers kry bytwonde in Kaapse see

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 28, 2024
1 min read

Twee voorvalle van bytwonde is in Kaapse swemgebiede aangemeld. Die woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Craig Lambinon, het bevestig ’n man het by Big Bay in Bloubergstrand, ’n ligte bytwond van ’n rob opgedoen. Maroela Media berig die Big Bay Surf-lewensreddersklub het die man aangeraai om die bytwond by ’n hospitaal te laat behandel. Lambinon het ook melding gemaak van ’n voorval in Valsbaai waar ’n 65-jarige man deur ’n klein seedier gebyt is terwyl hy geswem het. Ooggetuies vermoed dit was ’n klein haai, terwyl die owerhede die bytwond behandel en ondersoek om die spesie te bepaal.

 
 
 

Comments


bottom of page