Swendelaars bedrieg Vrystaters
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 21
- 1 min read
Die Vrystaatse Polisie waarsku mense oor 'n bedrogspul wat tans die rondte doen waarin niksvermoedende slagoffers uit groot bedrae geld bedrieg word.
Luidens ‘n mediaverklaring het 'n senior amptenaar van die Departement van Binnelandse Sake in Kroonstad onlangs ontdek dat haar selfoonnommer gekaap is, en deur onbekende verdagtes gebruik word om mense te mislei om geld te betaal in ruil vir beloofde werksgeleenthede of regeringskontrakte.
Tot dusver is die polisie bewus gemaak van verskeie slagoffers wat gesamentlik ongeveer R150 000 deur hierdie bedrieglike aktiwiteit verloor het.
Die polisie doen 'n beroep op gemeenskapslede om waaksaam te bly en nooit geld te betaal vir werksgeleenthede of regeringstenders nie.






Comments