top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Swendelaars verkoop glo DRP-huise in Bfn

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 15
  • 1 min read

Die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (COGTA) en Menslike Nedersettings waarsku teen 'n bedrieglike skema waarin swendelaars die naam en foto van die LUR Saki Mokoena glo onregmatig gebruik om niksvermoedende gemeenskapslede te mislei.


Die departement het bewus geword van individue wat valslik beweer dat hulle Breaking New Ground (BNG)-huise in Bloemfontein vir R50 000 verkoop.


Volgens Free State World is vals sosialemedia-profiele geskep wat Mokoena se foto gebruik.


Rosestad-nuus se Ilde Roos veruidelik verder lede van die publiek word dringend versoek om nie met enigiemand sake te doen of geld oor te betaal aan persone wat beweer hulle verkoop regeringshuise of toegang tot behuisingsgeleenthede kan waarborg nie.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


Die departement beklemtoon dat die regering nie RDP-huise verkoop nie, en dat geen amptenaar of verteenwoordiger van die departement gemagtig is om betaling te vra of te aanvaar in ruil vir 'n behuisingsgeleentheid of om iemand op 'n behuisingswaglys te plaas nie. Voorts word begunstigdes van regeringsbehuisingsprogramme volgens goedgekeurde beleide en kwalifiserende kriteria gekies. Laastens sê die departement geen betaling is nodig om vir 'n RDP-huis te kwalifiseer of een te ontvang nie.


Saki Mokoena. FOTO: Facebook
Saki Mokoena. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page