top of page

Syla sluit aan by ‘n Vrystaatse K9 honde-eenheid

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 4
  • 1 min read

Die Sasolburg-polisie se K9 honde-eenheid het ‘n nuwe lid, Syla die Belgiese herdershond. Volgens The Citizen is sy die enigste soek-en reddingshond in Sasolburg en een van slegs drie in die Vrystaat. Die drie honde help oor die hele provinsie met soek- en reddingsoperasies op land en water. Haar hanteerder, adjunk-offisier Hollie Holtzhausen, sê Syla was aanvanklik as ‘n patrolliehond getoets maar dat sy het haar opleiding as soek- en reddingshond met vlieënde vaandels geslaag het. Syla het diep spore om te vul, haar voorganger Bennie – ook ‘n Belgiese herdershond, geniet nou sy aftrede in Parys waar hy by Holtzhausen bly. Daar word verder berig die polisie lei meestal Duitse en Belgiese herdershonde, labradors, golden retrievers en selfs spaniels op. Die honde se opleiding begin op die ouderdom van 18 maande en sommige kan tot die ouderdom van 12 of selfs 14 jaar oud werk.

 
 
 

Comments


bottom of page