top of page

T-hemp help polisie om ’n moordenaar te vang

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Feb 4
  • 1 min read

Die Forensiese Wetenskaplaboratorium in Bloemfontein het ’n beskuldigde by wyse van ’n T-hemp aan moord verbind. Volgens ’n polisieverklaring het Leonard Olyn se vonnisoplegging gekom nadat ’n verbyganger ’n bewustelose vrou in Maart verlede jaar by ’n begraafplaas opgemerk het. Die polisie is na die toneel ontbied, en die slagoffer, Elvira Syster, is na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein geneem, waar sy aan haar beserings beswyk het. Op die toneel was ’n T-hemp en ’n bebloede hardloopskoen gevind. Olyn is die volgende dag aangekeer nadat hy gesien is met dieselfde T-hemp, voordat dit op die misdaadtoneel gevind is. Hy was tot nou sonder borgtog in aanhouding. Olyn het in die Bloemfontein hooggeregshof skuldig gepleit en is tot 14 jaar direkte tronkstraf vir moord gevonnis.

 
 
 

Comments


bottom of page