Takealot se minimum koopbedrag vir gratis aflewering styg
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 days ago
- 1 min read
Suid-Afrika se grootste aanlynmark, Takealot.com, het die minimum bestelwaarde om vir gratis aflewering te kwalifiseer, tot R750 verhoog. Dit kies ook outomaties premium-afleweringsopsies tydens die betaalproses.
Dit is ook op Takealot se webtuiste bevestig.
MyBroadband berig 'n forumlid het gekla dat Takealot die afleweringsbedrag van die gekose afleweringsdatum geskei het en die vroegste nie-gratis opsie as die outomatiese afleweringsdatum ingestel het.
Dit beteken dat Takealot, selfs al het ’n gebruiker die minimum besteding vir gratis aflewering oorskry, outomaties die betaalde afleweringsopsie sal kies.
Takealot het nie op navrae gereageer nie.







Comments