Talle babas in Gasa se lewe in gevaar
- Armando Pieters

- Jul 10
- 1 min read
'n Tekort aan brandstof weens Israel se beleg op Gasa kan twee van die stad se grootste hospitale lamlê.
Al Jazeera berig die hospitale het gister om hulp gevra te midde van Israeli-magte se aanvalle op die Palestynse enklawe waar ten minste 74 mense dood is.
Die direkteur van die grootste hospitaal sê die lewe van meer as 100 vroeggebore babas en 350 dialise-pasiënte is in gevaar as elektrisiteit nie meer voorsien kan word nie.
Volgens hom sal suurstofstasies nie meer werk nie, en die laboratorium en bloedbanke sal toemaak, en die bloedeenhede in die yskaste sal sleg word.





Comments