Talle beamptes staar skorsing in die gesig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Polisiebeamptes wat by die Madlanga-kommissie van ondersoek geïmpliseer is, sal op voorsorgskorsing geplaas word.
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê hy het die skuif aan die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, aanbeveel.
Ten minste vyf polisiebeamptes is by die kommissie geïmpliseer, insluitend die hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, Lesetja Senona.
Die Madlanga-kommissie van ondersoek is gestig om bewerings van sameswering tussen senior politici, polisiebeamptes en misdadigers te ondersoek.







Comments