top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Talle bestuurslisensies gaan nou 10 jaar hou

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die kabinet het die verlenging van die geldigheidstydperk van sekere Suid-Afrikaanse bestuurslisensies van vyf jaar tot 10 jaar goedgekeur.


minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het dié besluit aangekondig tydens ’n inligtingsessie oor die uitkomste van die jongste kabinetsvergadering.


Die verandering sal na verwagting die frekwensie van lisensiehernuwings verminder, maar dit sal eers in werking tree sodra die nodige wetlike en administratiewe prosesse voltooi is.

Ntshaveni sê die geldigheidstydperk vir kodes A, A1, B en EB is verleng.


LUISTER HIER:


260730nKhumbudzo_Ntshavheni_Licenses

Ter illustrasie. FOTO: Rosestad-nuus
Ter illustrasie. FOTO: Rosestad-nuus

 
 
 

Comments


bottom of page