Talle bid saam vir ‘n Bloemfonteinertjie se beterskap
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 12
- 1 min read
Talle mense het besluit om Maandagoggend tussen 07:00 en 08:00 saam vir die Bloemfonteinertjie, Janique Venter, se beterskap te bid.
Luidens ‘n plasing op sosiale media lek groot hoeveelhede vog uit haar regteroor sedert 'n dreineringspyp verwyder is.
Sy ontvang medikasie vir intensie hoofpyn en naarheid.
Daar is ook kommer oor Janique se suurstofvlakke wat daal wanneer sy diep slaap en sy is dus ook tans op suurstof.
Rosestad-nuus het vroeër berig die agtjarige dogtertjie het verlede week ‘n operasie ondergaan om nog gewasse uit haar nek te verwyder.
Haar pa, Jacques Venter, vertel die dokters kon 98,5% van die gewas aan die regterkant van haar nek verwyder, sekere bloedvate is ook gekouteriseer om verdere verspreiding te stuit.







Comments