top of page

Talle Bloemfonteiners se hekmotors word gesteel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Dec 1, 2025
  • 1 min read

Daar is ‘n toename in die aantal hekmotors wat in Bloemfontein gesteel word.


Luidens ‘n mediaverklaring vind die voorvalle meestal tussen 02:00 en 06:00 in die oggend plaas. 


Polisiewoordvoerder, Lt. Kol. Thabo Covane, sê die groen en swart Centurion-maak word geteiken.


Die waarde van so ‘n motor wissel tussen R12 000 en R15 000.


Van die strate waar voorvalle aangemeld is sluit in De Bruynstraat, Koos van der Waltstraat en Rhyno Kriellaan. ‘n Paar voorvalle is ook in Wesdene en Fleurdal aangemeld.


Twee verdagtes is geidentifiseer en ry glo rond in ‘n rooi Audi met ‘n sondak en donker vensters.


Enigiemand wat inligting oor die voorvalle het of weet waar die motorhekonderdele onwettig verkoop word, word versoek om die polisie te kontak.


Ter illustrasie. FOTO: TSI Installations
Ter illustrasie. FOTO: TSI Installations

Comments


bottom of page