Talle Graad R-onderwysers nie gekwalifiseerd vir onderrig
- Armando Pieters

- Jul 9
- 1 min read
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het erken dat daar meer as 7 000 Graad R-onderwysers regoor Suid-Afrika is wat nie gekwalifiseerd is om die graad aan te bied nie.
The Citizen berig dit het Dinsdag aan die lig gekom by ‘n vergadering van die parlementêre komitee vir basiese onderwys. Dit kom ook te midde van die departement se inwerkingstelling van die wysigingswet op basiese onderwys (Bela).
Volgens die DBO is daar net minder as 26 000 gekwalifiseerde Graad R-onderwysers in die sisteem.
As die hoeveelheid ongekwalifiseerde onderwysers egter bygevoeg word, is 22% van alle Graad R-onderwysers nie ten volle toegerus om leerders in hierdie kritieke grondslagfase te onderrig nie.





Comments