Talle leerders is ná vermoedelike voedselvergiftiging in Bloem-hospitale behandel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 6 days ago
- 1 min read
Talle leerders van die Bainsvlei Gekombineerde Skool in Bloemfontein is in hospitale ná ’n vermoedelike geval van voedselvergiftiging behandel.
Volgens StepUpNewsSA het die meisies glo siek geword nadat kos by die skool se koshuis geëet is.
Universitas Akademiese Hospitaal het bevestig dat 15 meisies tussen nege en 18 jaar oud vir simptome soos maagkrampe en diarree behandel is.
Die hospitaal sê al die leerders is intussen behandel en ontslaan.
Volgens StepUpNewsSA is dit glo die derde soortgelyke voorval by die skool.








Comments