top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Talle masels-gevalle in die Vrystaat bevestig

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 4, 2025
  • 1 min read

Die Vrystaatse gesondheidsdepartement bevestig daar is reeds 64 gevalle van masels in verskeie gebiede aangemeld, waarvan die meeste in Matjhabeng – dit is Welkom, Virginia, Hennenman, Ventersburg, Allanridge en Odendaalsrus – gerapporteer is.

Volksblad berig die betrokke individue is hoofsaaklik kinders van vyf tot nege jaar oud.

Masels is 'n hoogs aansteeklike virale infeksie wat ernstige gesondheidskomplikasies kan veroorsaak.

Dit is van kardinale belang dat ouers en voogde waaksaam bly en die simptome van masels ken.

Die gesondheidsdepartement doen 'n beroep op ouers om seker te maak hul kinders is teen masels ingeënt.

 
 
 

Comments


bottom of page