top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Talle meen Ronald Lamola is onbevoeg om as minister

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 12
1 min read

Meer as een van die ANC se vennote in die regering van nasionale eenheid (RNE) meen Ronald Lamola is onbevoeg om as minister van internasionale betrekkinge en samewerking te dien.


Maroela Media berig Lamola is opnuut onder skoot oor sy steun vir strenger optrede teen mense en organisasies wat volgens die regering verkeerde inligting oor Suid-Afrika in die buiteland versprei.


Die DA en VF Plus bevraagteken Lamola se hantering van Suid-Afrika se buitelandse betrekkinge, terwyl Solidariteit meen sy uitsprake klink toenemend soos dié van ’n geharde partypolitikus eerder as ’n diplomaat.


DA-LP Ryan Smith sê Lamola se hantering van die verslegtende verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA was tot dusver rampspoedig, omdat hy nie sy partypolitieke belange kan skei van nasionale belang nie.


Ronald Lamola. FOTO: Dirco
Ronald Lamola. FOTO: Dirco

 
 
 

Comments


bottom of page