top of page

Talle mense is beseer toe ‘n minibus-taxi teen ‘n boom bots

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 28, 2025
  • 1 min read

Talle mense is beseer toe ‘n minibus-taxi in Raymand Mhlaba-straat in Navalsig, Bloemfontein, teen ‘n boom gebots het. Luidens Arrive Alive het Priority-Care Amulansdiens, sowel as die Mangunag-brandweer en – reddingdienste Sondag die 16 insittendes bygestaan. Hulle is op die toneel behandel en vir verskeie beserings wat van matig tot ernstig wissel en na verskeie hospitale in Bloemfontein vervoer. Die polisie ondersoek tans die presiese oorsaak van die ongeluk.

 
 
 

Comments


bottom of page