Talle mense is oorlede toe 'n bus op die N1 omslaan
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 31
- 1 min read
Elf mense, onder wie vyf kinders, is oorlede toe 'n bus Donderdagaand sowat 24km noord van Trompsburg op die N1 omgeslaan het.
Volgens die Vrystaatse Departement van Gesondheid se woordvoerder, Mondli Mvambi, het die ongeluk omstreeks 21:30 plaasgevind en is verskeie ander passasiers beseer.
Nooddienste en die polisie het die hele nag op die toneel gewerk om beseerdes te behandel en mense uit die bus te bevry.
Mvambi sê die opruimingswerk op die toneel kan langer as agt uur duur.
Motoriste word versoek om versigtig te wees en verkeersaanwysings in die omgewing te gehoorsaam.








Comments