Talle mense is uit informele strukture in Bloemfontein verwyder

Jun 11
1 min read
Talle mense is tydens 'n gesamentlike operasie in Bloemfontein uit informele strukture verwyder en deur die polisie geneem sodat hul identiteit en besonderhede nagegaan kon word.
Volgens Nova News het die operasie in Happy Valley, Heuwelsig en Rayton plaasgevind.
Die operasie vorm deel van voorbereidings om Happy Valley en Reservoir Island by die groter Westdene Park-bewaringsgebied in te sluit.
Verskeie strukture is afgebreek en verwyder, terwyl die 21 mense, waaronder drie vroue, na die Bayswater- en Parkweg-polisiestasies geneem is.
Volgens die organiseerders is soortgelyke operasies daarop gemik om die veiligheid van inwoners te verbeter.









Comments