top of page

Talle mense word daagliks vermoor

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

Alhoewel onlangse misdaadstatistiek ’n daling in moorde in die eerste twee kwartale van 2025/26 toon, word gemiddeld 63 mense steeds daagliks vermoor.


Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê meer as tienduisend moordklagte is in die 2024/2025-boekjaar vir vervolging verwys.


Hy het dit in ’n parlementêre antwoord bevestig waarin hy stappe uiteensit om Suid-Afrika se hoë moordsyfer aan te spreek.


Volgens Cachalia sluit verbeterings die prioritisering van sake met forensiese leidrade, sterker opsporingsaksies via Operasie Shanela II asook die versterking van moord- en roofeenhede in.


Firoz Cachalia. FOTO: Facebook
Firoz Cachalia. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page