Talle mynwerkers is ondergronds vasgekeer

May 23, 2025
1 min read
Sowat 300 mynwerkers is ondergronds by Sibanye-Stillwater se Kloofmyn in Westonaria, Johannesburg vasgekeer. Die National Union of Mineworkers (NUM) het volgens Eyewitness News gesê die mynwerkers is sedert 'n voorwerp Donderdag in die skag geval het vasgekeer. Daar is geen beserings of sterftes aangemeld nie, maar die vakbond sê die mynwerkers het geen toegang tot kos en water nie, en hulle is bekommerd oor hul veiligheid. Die hoofinspekteur van die Departement van Minerale Bronne was ook op die toneel terwyl operasies om die mynwerkers te red aan die gang is. Hy voeg by hulle is meegedeel dat dit ‘n ingenieursprobleem is, en dat hulle nog besig is om inligting in te samel.








Comments