Talle neem deel aan die witskrif oor immigrasiehervorming
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 5 days ago
- 1 min read
Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, sê daar is breë deelname aan die witskrif oor immigrasiehervorming. Die regering het verlede maand die konsep van die hersiene Witskrif oor Burgerskap, Immigrasie en Vlugtelingbeskerming vir openbare kommentaar vrygestel.
Hy sê hoewel die presiese aantal geskrewe aanbiedings nie beskikbaar is nie, was daar ‘n goeie opkoms by die fisiese persoonlike vergaderings.
Schreiber sê mense wat met asielsoekers en vlugtelinge werk, lewer ook insette oor hoe hulle wil hê die stelsel moet werk.
LUISTER:
Leon Schreiber







Comments