top of page

Talle vas weens bedrieglike ongelukeise

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Feb 19
  • 1 min read

Die Padongelukkefonds sê 37 mense is oor die afgelope drie jaar vir die indiening van bedrieglike ongelukeise in hegtenis geneem. Die agentskap sê hulle het ook eise ter waarde van R65-miljoen, wat oor dié tydperk ingedien is, gekeer. Hulle verwelkom ook die vyf jaar tronkstraf wat die 59-jarige Solomon Ndika-Ndika vir die indiening van 'n bedrieglike eis opgelê is. Ndika-Ndika is daaraan skuldig bevind dat hy 'n padongelukeis ingedien het vir 'n ongeluk wat nooit gebeur het nie.

 
 
 

Comments


bottom of page