Talle verdagtes is in hegtenis geneem tydens misdaadoperasies in die Vrystaat

7 days ago
1 min read
Die Vrystaatse polisie het meer as ‘n 1700 verdagtes in hegtenis geneem tydens die Veiliger Feesseisoen- en Shanela II-operasies regoor die provinsie.
Die arrestasies sluit 386 gesoekte verdagtes en 1 333 ander in wat verband hou met oortredings wat wissel van moord en verkragting tot dwelmhandel en aanranding.
Die polisie het ook meer as 34 500 mense, byna 12 000 voertuie en 981 persele deursoek.
Die operasies het gelei tot die beslaglegging van vuurwapens, ammunisie, dwelms, gevaarlike wapens en nagemaakte goedere.
Die polisie sê hoëdigtheidsoperasies sal voortduur in die Mangaung-metro en al vyf distrikte.










Comments