top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Talle vlugte na Bali is opgeskort ná ‘n vulkaan uitbars

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 18, 2025
1 min read

Talle vlugte na én van Bali is Woensdag gekanselleer nadat ʼn vulkaan op die Floreseiland uitgebars het. Maroela Media berig Berg Lewotobi Laki-Laki het Dinsdag uitgebars en as kilometers ver die lug in gespoeg. Volgens ‘n lughawe in Bali is 32 vlugte op binnelandse en internasionale roetes na en van die eiland is tot dusver gekanselleer. Die plaaslike geologie-agentskap raai inwoners en toeriste intussen aan om enige aktiwiteite binne ten minste sewe kilometer van die vulkaan se krater te vermy. Berg Lewotobi Laki-Laki het in November 2024 jaar ook verskeie kere uitgebars. Nege mense is weens dié uitbarstings oorlede. Tientalle internasionale vlugte na en van Bali is toe ook gekanselleer.

 
 
 

Comments


bottom of page