top of page

Talle Vrystaatse dokters is werkloos

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 30
  • 1 min read

Talle dokters in die Vrystaat wat deur die Nelson Mandela-Fidel Castro-beursprpogram befonds was, bevind hulself werkloos ná hullle hul gemeenskapsdiens voltooi het. The Insider Chronicle berig ten spyte van kontraktuele verpligtinge om in die provinsie se gesondheidstelsel te dien, kan hierdie gegradueerdes weens ‘n administratiewe struikelblokke en ‘n gebrek aan befondsing nie poste bekom nie. Die beursprogram, wat deur die Vrystaatse Departement van Gesondheid geondersteun word, is gestig om kritieke gesondheidsorgtekorte aan te spreek deur plaaslike professionele persone in Kuba teen tussen R1.1 en R1.7 miljoen per gegradueerde op te lei. In ruil hiervoor word van die begunstigdes verwag om in hul tuisprovinsie te dien vir ‘n tydperk wat met hul befondsing ooreenstem indien poste beskikbaar is. Indien geen poste binne drie maande beskikbaar is nie, word die beurshouer van die verpligting vrygestel.

 
 
 

Comments


bottom of page