Talle vulstasies loop droog
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 31
- 1 min read
Meer as 130 vulstasies regoor Suid-Afrika het tydelik sonder petrol en diesel gesit.
Dit kom net ’n dag voordat rekordhoë brandstofpryse na verwagting in werking tree, wat die vraag verder laat toeneem het.
Volgens die Brandstofbedryfvereniging is daar steeds genoeg voorraad by voorsieningsdepots, maar afleweringsnetwerke is tans onder druk.
Die vereniging sê dié netwerke sukkel om tred te hou met die skerp styging in aanvraag by vulstasies landwyd.
Hoewel daar ’n agterstand is, is die kanse goed dat die situasie sal herstel — dit is glo net ’n kwessie van tyd voordat die voorsiening weer normaliseer.








Comments