Tameletjie nadat vrag bye ‘ontsnap’
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 1
- 1 min read
Inwoners van Washington, in die noordweste van die VSA , is gewaarsku om versigtig te wees nadat ‘n vragmotor in ‘n botsing betrokke was en 250-miljoen bye ontsnap het. SABC-nuus berig videos wat deur die polisie verskaf is, toon reuse swerms bye rondom die omgeslane vragmotor. Die bye moes afgelewer word by boere wat die insekte gebruik om oeste te bestuif. Die situasie het gesorg vir ‘n taamlike tameletjie, want die vragmotor het – behalwe vir die miljoene bye – ook 30-duisend kilogram heuning vervoer. Meer as twintig byeboere het hulle na die toneel gehaas om die bye te probeer vang en die korwe na ‘n aangrensende stuk veld te verskuif.





Comments