top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Taxibestuurders in Bloemfontein is glo nie gelukkig nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 9
  • 1 min read

Volgens inligting wat Rosestad-nuus ontvang het, is daar glo spanning tussen verkeersbeamptes en taxibestuurders in dele van Bloemfontein.


Daar word beweer dat taxibedrywighede in sommige gebiede ontwrig word en dat passasiers uit voertuie gehaal word.


In video's wat op sosiale media gedeel word, kan gesien word hoe talle mense saamdrom, paaie afgesper word en vullis in die middel van sommige paaie gebrand word.


Volgens die inligting wat ontvang is, word gesprekke glo gevoer om die geskil tussen verkeersowerhede en taxibestuurders op te los.


Rosestad-nuus het navrae aan die betrokke owerhede gerig en wag op kommentaar.


FOTO: Skermgreep
FOTO: Skermgreep


 
 
 

Comments


bottom of page