top of page

Taylor Swift is verloof

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 27
  • 1 min read

Amerikaanse pop-ster Taylor Swift en voetbalspeler Travis Kelce is verloof.

Die goeie nuus is op 'n gesamentlike plasing op Instagram aangekondig. Die plasing het reeds meer as 13 000 “likes”.

Die BBC berig daar is nog geen troudatum vasgestel nie.

Swifties wêreldwyd is die afgelope twee jaar vasgevang deur die glanspaartjie se verhouding, wat lank in duister gehul is.

Hulle het in September 2023 hul verhouding geopenbaar toe Swift ʼn Chiefs vs. Bears-wedstryd bygewoon het.

 
 
 

Comments


bottom of page