top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Teenstrydigheid heers rondom die DKD se oorname van die Mangaung-gevangenis

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Aug 5
  • 1 min read

Daar is teenstrydighede rondom inligting van die departement van Korrektiewe Dienste (DKD) se oorname van die Mangaung-gevangenis van G4S.


Netwerk24 berig die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste, Kgomotso Anthea Ramolobeng, sê hulle is bewus daarvan dat ontevrede G4S-werkers sê hulle leef in onsekerheid en ervaar verskeie uitdagings nadat hulle glo sonder werk gelaat is.


Die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Makgothi Samuel Thobakgale, voeg by die werwingsproses is steeds aan die gang nadat sekere werkers weer aansoek gedoen het, en hulle het al meer as 600 van G4S se werkers in diens geneem.


'n Ingeligte en betroubare bron het vertroulik aan Rosestad-nuus gesê die hofbevel stipuleer dat die werkers almal outomaties oorgeneem moes word en dat hulle nie aansoek hoef te gedoen het nie.


Die bron sê ook G4S het net 510 lede, en nie meer as 600 soos Thobakgale beweeer nie. Die bron sê van dié lede is net ongeveer 250 lede wat aansoek gedoen het, glo aangestel.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page