Tekorte in gesondheidsbefondsing word gekritiseer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Cosatu sê hulle is teleurgesteld dat die regering nie al die befondsingstekorte vir die Departement van Gesondheid gedek het nie.
Die vakbondfederasie het hul voorleggings in die parlement oor die Spesiale Begrotingswetsontwerp gemaak.
Die wetsontwerp bied ‘n bykomende R754-miljoen om die befondsingskortings van die Verenigde State se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling vir M.I.V./Vigs te dek.
Volgens Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sal die bykomende befondsing steeds nie-regeringsorganisasies help wat M.I.V./Vigs beveg.






Comments