Televisie vier 'n halfeeu in Suid-Afrika
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 5
- 1 min read
Televisie in Suid-Afrika vier Maandag 'n half-eeu van uitsaai. Die eerste uitsending was 'n tweetalig- Afrikaans en Engelse program, wat op 5 Januarie 1976 deur Dorianne Berry en Heinrich Marnitz aangebied is.
Volgens Tech Central het Suid-Afrika weens die Apartheidsregering se vrese oor buitelandse kulturele invloed en sosiale verandering ongeveer 20 jaar later as die res van die wêreld televisie verwelkom.
Televisie was onder die streng beheer van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (oftewel SAUK).
Volgens PretoriaFM het die eerste programme ingelsuit The Dingleys en Haas Das se Nuuskas.







Comments