Telkom begin die finansiële jaar op 'n sterk noot
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Aug 3
- 1 min read
Telkom het sy inkomste in die drie maande tot einde Junie met 2,6% tot meer as R11 miljard verhoog.
Dit is hoofsaaklik danksy sterk groei in sy mobiele besigheid.
Vooruitbetaalde diensinkomste het met 9,1% gestyg, terwyl mobiele data-inkomste met 11,4% toegeneem het.
Telkom het nou meer as 25 miljoen mobiele intekenare, met data-inkomste wat meer as 62% van die groep se totale inkomste uitmaak.








Comments