top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Temu kry ‘n R4 miljard boete

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
May 28
1 min read

Die Europese Unie het die Chinese aanlynwinkel Temu met sowat R4 miljard beboet oor die verkoop van onwettige en gevaarlike produkte op sy platform.


Volgens Maroela Media sê Europese reguleerders Temu het nie voldoende stappe gedoen om verbruikers teen gevaarlike produkte te beskerm nie.


Die ondersoek het onder meer babaspeelgoed en selfoonlaaiers geïdentifiseer wat nie aan veiligheidsvereistes voldoen nie.


Die Europese Unie sê miljoene gebruikers in Europa kon moontlik toegang tot dié produkte verkry het.


Temu moet nou teen einde Augustus ’n plan indien oor hoe die probleme reggestel gaan word, of verdere boetes kan volg.


Ter illustrasie. FOTO: BusinessTech
Ter illustrasie. FOTO: BusinessTech

 
 
 

Comments


bottom of page