Ten spyte van hoër brandstofheffings is laer pryse tog moontlik

Jun 2, 2025
1 min read
Terwyl die eerse algemene brandstof-heffing in drie jaar Woensdag in werking tree, kan Suid-Afrikaanse motoriste tog moontlik 'n verlaging in brandstofpryse verwag. MyBroadband berig volgens die nuutste data van die Sentrale Energiefonds kan die petrolprys met ongeveer 20 sent per liter daal, met diesel wat byna 50 sent per liter minder sal kos. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê laer brandstofpryse het inflasie onder die huidige teiken gedryf. Dit het tot 'n afname van nog 25 basispunte in die rentekoers gelei, ten spyte van onsekerhede in die wêreldmarkte.








Comments