top of page

Ten spyte van uitdagings vorder die Metro se Veiliger Stad-veldtog goed

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 13, 2025
  • 1 min read

Die burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid en vervoer in die Mangaung Metro Munisipaliteit, Sibongile Tsoleli, sê dat daar steeds uitdagings met voertuie is, maar die Veiliger Stad-veldtog toon goeie vordering. Volgens Tsoleli is daar steeds ‘n tekort aan voertuie, selfs met dié wat tans in die werkswinkel is. Sy het egter burgemeester Gregory Nthatisi aangespoor om die vordering van die departement te erken en die veldtog, wat op wetstoepassing en gemeenskapsveiligheid gemik is, verder te ondersteun. Sy voeg by die uiteindelike doel is dat elke inwoner en besoeker aan die metro veilig voel, veral omdat die stad homself as ‘n beleggingsbestemming posisioneer.

 
 
 

Comments


bottom of page