Tender van R532 miljoen van Vrystaat Gesondheid gekeer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 13
- 1 min read
Die Spesiale Tribunaal het ’n onreëlmatige tender van R532 miljoen van die Vrystaatse Gesondheidsdepartement aan Buthelezi EMS gekeer. Volgens die staatskoerant het die Tribunaal beslis dat vier maatskappye wat aan Buthelezi gekoppel is geen geldige kontrakte gehad het toe hulle betaal is nie. Die Spesiale Ondersoekeenheid het reeds in 2019 begin ondersoek instel en het hofaksie geneem om die tenders tersyde te stel en die geld terug te eis. Die Tribunaal het ook beslis dat Buthelezi EMS finansiële rekords moet indien en die regskoste moet betaal. Die eenheid sê hulle sal aanhou werk om skade wat deur korrupsie veroorsaak is, te herstel.





Comments