TENNIS: 37-jarige kwalifiseerder wen Queens vroue-titel vir eerste keer in 52 jaar
- Armando Pieters

- Jun 17
- 1 min read
Duitsland se Tatjana Maria het ’n droomweek afgesluit by die Queens-toernooi toe sy die eerste kwalifiseerder in 52 jaar geword het om diè titel te kon inpalm. Die 37-jarige ma van twee wat 86ste op die wêreld-ranglys is het die agste gekeurde Amerikaner Amanda Anisimova met 6 – 3 en 6 – 4 gesystap en sodoende die oudste speler sedert Serena Williams in 2020 geword om ’n WTA-titel te kon beklink. *Die Queens-toernooi wat sedert 1973 gespeel word diens as ’n opwarmings-toernooi voor Wimbledon wat vanjaar tussen 30 Junie en 13 Julie beslis word.





Comments