top of page

TENNIS: Alcaraz & Swiatek veilig deur na tweede ronde by Franse Ope

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • May 27
  • 1 min read

Die verdedigende kampioene Carlos Alcaraz en Iga Swiatek het hul Franse Ope-veldtog suksesvol aan die gang gekry deur maklik deur te dring na die tweede ronde by Roland Garros. Die tweede gekeurde Alcaraz het die Italiander Giulio Zeppieri met 6 – 3, 6 – 4 en 6 – 2 uit die pad gevee terwyl Swiatek wat vyfde gekeur is ook min moeite ondervind het teen Rebecca Sramková en in ’n japtrap met ’n telling van 6 – 3 en 6 – 3 met haar kon afreken. In die eerste groot opskudding van die toernooi het die Duitser Daniel Altmaier die vierde gekeurde Taylor Fritz van Amerika in vier stelle getroef waarna die Spanjaard Jessica Bouzas Maneiro nog ’n Amerikaner die negende gekeurde Emma Navarro in net 57 minute ’n tennisles geleer het en met 6 – 0 en 6 – 1 gewen het.

 
 
 

Comments


bottom of page